Swart

#000000

Swart is die donkerste kleur in die kleurspektrum. Dit word gedefinieer as "die totale afwesigheid van lig of kleur" of as "'n mengsel van alle kleure of kleur-pigmente". Dit is die kleur wat alle lig absorbeer, nie weerspieël nie en dus verskyn as ontbloot van die orde.

Swart is die kleur van steenkool en die buitenste ruimte van die heelal. Die heksadesimale kode vir swart is #000000.

'n Swart kledingstuk of swart papier, se oppervlak vertoon swart omdat daar geen lig teruggekaats word nie. Al die lig wat op die voorwerp val, word deur die pigment van die verf geabsorbeer. By 'n elektriese voorwerp wat lig uitstraal, soos 'n rekenaar- of televisieskerm, word swart verkry deur geen lig uit te straal nie.

Geen enkele voorwerp is in werklikheid volledig swart nie, daar word altyd iets van die lig teruggekaats. Een uitsondering is die vorming van swart gate in die ruimte, waaruit geen lig kan ontsnap nie weens die massiewe swaartekrag.

Swart voorwerpe straal oor die algemeen wel infrarooi uit, as die voorwerp warm is. Die straling vanuit 'n swart liggaam het aanleiding gegee tot die postulaat dat elektromagnetiese straling uit kwanta bestaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search